Marie Heese
Autor von The Double Crown: Secret Writings of the Female Pharaoh
Über den Autor
Werke von Marie Heese
The Owl Critic 3 Exemplare
The Colour of Power 1 Exemplar
Getagged
Wissenswertes
- Geburtstag
- 1942-09-27
- Geschlecht
- female
- Nationalität
- South Africa
- Wohnorte
- Stilbaai, South Africa
Cape Town, South Africa - Ausbildung
- Stellenbosch University
University of South Africa - Beziehungen
- Blignaut, Audrey (mother)
Mitglieder
Rezensionen
Auszeichnungen
Statistikseite
- Werke
- 18
- Mitglieder
- 54
- Beliebtheit
- #299,230
- Bewertung
- 4.0
- Rezensionen
- 2
- ISBNs
- 28
- Sprachen
- 1
'n Heel gepaste naam vir 'n boek wat handel oor die verloop van tyd:- die verloop van 'n enkele lewe van 'n enkele mens, met net hier en daar skraps raakpunte met die groter algemene verloop van die geskiedenis. Dit was vir my slim gedoen hoe die geskiedenis net so terloops in die storie ingeweef is. En dit het my nogal laat dink hoe almal se onbenullige ou lewetjies afspeel terselfdertyd as die groter gebeure van die tyd waarin hulle lewe. En hoeveel mense, soos Maria, sterf in 'n wêreld wat heeltemal anders is as die wêreld waarin hulle gebore is?
Die boek is in mooi Afrikaans geskryf. Ek sit en huiwer tussen 4 en 3 sterre. Vir die taal wil ek 5 toeken, maar Maria se storie was vir my hier en daar effe onbevredigend. Die verhaal versnel teen die einde. Dis seker hoe dit ook is vir 'n mens:- jou jeug onthou jy in die fynste besonderhede. Maar dan, hoe ouer jy word, snel die jare al hoe vinniger en vinniger verby. Nogtans het dit my gepla dat sommige karakters 'n groot rol speel, en dan later in Maria se lewe, sonder enige waarskuwing van die toneel af verdwyn. Ek dink hier veral aan Trui.
Anders as vir baie ander, was hierdie nie een van my voorgeskrewe werke op skool nie. Die dat ek nou eers by hom uitkom. Bly ek het dit gelees. Dit was die moeite werd en ek kan dit aanbeveel vir enigeen wat lus het om mooi Afrikaans te lees.… (mehr)